Verhoogde terugkoopkoers gaan impak op verbandterugbetalings hê

Betterbond se hoof van Verkope, Brad Bendall, sê huiskopers moet toekomstige verhogings in die terugkoopkoers in ag neem wanneer hulle begroot om ‘n huis te koop. Bendall sê ondanks die Suid-Afrikaanse Reserwebank se aankondiging vandag dat die terugkoopkoers met 75 basispunte verhoog word, is die prima-uitleenkoers steeds onder tien-persent. Bendall sê daar is maniere om die uitwerking van stygende rentekoerse te versag wanneer ‘n huis gekoop word.