Babastortings in Namibië skrikwekkend

Volgens statistieke van die Namibiese polisie is vanaf 2016 tot Mei vanjaar altesaam 237 babas in die land weggegooi. In 2016 is altesaam 41 pasgeborenes weggegooi, en in 2017 het die koers op net 22 babas gestaan. Vir die jare 2018, 2019, 2020 het die syfers op onderskeidelik 22, 41 en 56 weggooibabas gestaan, wat ‘n opwaartse neiging in kindermoord in die land toon. Vir 2021 het die polisie 32 baba-stortingsake aangemeld, terwyl ‘n totaal van 20 babas van Januarie tot Mei 2022 weggegooi is. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid sê moeders wat nie hul pasgeborenes wil behou nie, kan hulle aan enige kraamsaal of gesondheidsfasiliteit in die land oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het aan die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes gevra wat kerke doen om baba-stortings te voorkom.

Beukes vertel van die ondersteuningstelsel van die kerke.