Keniaanse sekteleier borg geweier

’n Keniaanse hof het borgtog vir die kultusleier Paul Mackenzie geweier. Mackenzie word daarvan verdink dat hy sy volgelinge beveel het om hul kinders en hulself uit te honger. Sy aanhouding met 30 dae verleng. Intussen het die dodetal tot 145 gestyg en owerhede soek steeds na oorskot in vlak grafte wat deur ‘n woud versprei is waar Mackenzie se volgelinge gewoon het. Mackenzie, die leier van die Good News International Church, is nog nie verplig om te pleit nie.