Vragvervoer is herstel op Hosea Kutako

Vragvervoer by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe het weer hervat na daar ‘n verbod was as gevolg van sertifisering. Vervoerders het miljoene verloor in die afgelope maand omdat vrag deur Johannesburg herlei moes word. Maar, daar is nog uitdagings met die skandeerders, soos die Lughawensmaatskappy se uitvoerende hoof Bisey /Uirab verduidelik.