Eskom skep paneel om staatskapingverslag te hersien

Eskom se raad sê hy is besig om ‘n onafhanklike paneel aan te stel om die werk van sy interne staatskaping- en korrupsie-taakspan te hersien. Dit is in reaksie op die voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, se omvattende bewerings van korrupsie, diefstal en sabotasie by die kragvoorsiener. Die raadsvoorsitter, Mpho Makwana, sê die paneel sal hulle lei in die behoorlike uitvoering van hulle vertrouenspligte en -verantwoordelikhede in hierdie saak. Hy voeg by dis ‘n poging om Eskom se reputasie en korporatiewe integriteit te herstel.