Keniaanse polisie bestook betogers met traanrook
Die polisie in Kenia het traanrook afgevuur op betogers in Nairobi wat teen belastingverhogings betoog. Dit is die derde dag van betogings uit protes teen stygende lewenskostes. Sowat 300 mense, onder wie senior opposisieleiers, is in hegtenis geneem. Talle kerke en burgerregtegroepe het ‘n beroep op die oproeriges gedoen om die betogings te beëindig. Die polisie monitor ook ander stede waar protes-optredes gehou word. Hulle vra ook dat President William Ruto en die opposisieleier, Raila Odinga hul verskille in gesprekvoering uitstryk. Verskeie ambassades het die twee partye gevra om met onderhandelings te begin.