ActionSA betreur Vytjie Mentor se heengaan

Die voormalige parlementslid en lid van ActionSA, Vytjie Mentor, is op die ouderdom van 58 oorlede. Sy het vroeër vanjaar weens swak gesondheid uitgetree as ActionSA se Wes-Kaapse voorsitter. Mentor was die eerste persoon wat alarm gemaak het oor staatskaping toe sy in die openbaar beweer het die omstrede Gupta-familie het haar ‘n pos as minister van Openbare Ondernemings aangebied. ActionSA-woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê hulle is hartseer oor Mentor se heengaan: