Keetmans sal nie water ens., afsny nie

Die Keetmanshoop munisipaliteit het ‘n ommekeer gemaak en skort nie meer dienste aan inwoners wat agterstallig is, nie. Volgens die dorp se skakelbeampte Dawn Kruger, is die besluit geneem sodat die dorpsraad die stelsel en prosedure wat gevolg moet word kan bepaal. Die lys van agterstallige inwoners moet ook opgedateer word omdat talle inwoners reeds betalings gemaak het en ander het ooreengekom om skuld af te betaal. Volgens Kruger is daar ook talle inwoners wat werkloos is. Die kwessies moet volgens haar aangespreek word en ‘n beleid ontwikkel word.