Keetmans onderwyser se ontvoeringsaak uitgestel

Die saak teen die voormalige onderwyseres van die Suiderlig Hoërskool in Keetmanshoop, Valerie Bock, is deur Landdros Elzabe Konjore uitgestel tot 27 Mei sodat Bock regsverteenwoordiging kan bekom. Bock word daarvan aangekla dat sy ‘n 15-jarige meisie, een van haar leerders, ontvoer het en haar seksueel aangerand het. In totaal is daar 7 klagtes in die verband. Volgens die Staat het sy kos, klere en ‘n selfoon aan die leerder gebied in ruil vir seksuele gunsies. Bock se borg van 4 000 Namibiese doller is verleng.