Collins, die derde lid van die maansending, sterf

Huldeblyke stroom in ná die afsterwe van die 90-jarige Apollo 11 ruimtevaarder Michael Collins. Sy familie het bevestig dat hy aan kanker oorlede is. Collins het in 1969 in die bestuursmodule om die maan gewentel terwyl Neil Armstrong en Buzz Aldrin in die maanmodule op die maan geland en die eerste treë vir die mensdom in die ruimte gegee het. Die Administrateur van die Amerikaanse ruimte-agentskap, NASA, Steve Jurczyk, het hulde aan Collins gebring en gesê Amerika het ‘n ware pionier en lewenslange ontdekkings-aktivis verloor.