Verbod op vlugte van SA het plaaslik ‘n impak

België se tydelike verbod op alle reisigers uit Suid-Afrika, Indië en Brasilië weens ‘n skerp toename in korona-virus gevalle sal ‘n impak op Namibië hê. Die Nederlandse regering het ook vlugte uit Indië, Suid-Afrika en verskeie lande in Sentraal- en Suid-Amerika van Maandag af verbied. Ander lande wat reisigers van Suid-Afrika verbied, is onder meer Frankryk en Brittanje. Gitta Paetzold die Hoof Uitvoerende Beampte van die Namibiese Gasvryheidsvereniging sê dit is nog ‘n stap agteruit.