Keeetmans se Basson op verlof tydens ondersoek

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Keetmanshoop Munisipaliteit Desmond Basson is op drie maande se administratiewe verlof geplaas om die raad ‘n geleentheid te gee om ondersoek in te stel in verband met verskeie bewerings teen hom. Die raad se Voorsitter Easter Isaak het aan nuusagentskappe gesê dat van die kwessies wat ondersoek sal word is 8 miljoen Namibiese doller van die Build Together-projek wat verdwyn het. Isaak sê Basson kan nie ‘n redelike verduideliking verskaf vir waar die geld is nie. Verskeie besighede het ook grond ontvang wat nooit betaal is nie en Isaak sê die munisipaliteit het ‘n verlies van 163 miljoen doller in die geval aangeteken. Daar is ook kwessies met verskeie kontrakte wat Basson onderteken het.