My Octopus Teacher wen Oscar!

Die Suid-Afrikaanse dokumentêr My Octopus Teacher het op die 93-ste Oscar-toekennings in Los Angeles die Oscar gewen vir beste dokumentêre film. Die regisseurs, Pippa Ehrlich en James Reed, se film handel oor die verhouding wat oor ‘n jaar tussen die rolprentvervaardiger Craig Foster en ‘n seekat ontwikkel het in ‘n kelpwoud aan die kus van Suid-Afrika. Ehrlich het met die ontvangs van die toekenning almal bedank wat by die vervaardiging van die Netflix-film betrokke was: