Arbeid hou vergaderings in noorde

Die Namibiese Ministerie van Arbeid begin vandag tot 3 Mei met raadgewende vergaderings met arbeidsverwante belangegroepe oor relevante arbeidsaangeleenthede in verskeie streke van die land. Volgens ‘n verklaring van die ministerie gaan vergaderings in die Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Otjozondjupa-streke gehou word.