Kawana teleurgesteld in korrupte Nampol-lede

Hoofde van die Namibiese polisie van al 14 streke kom byeen op Rundu in die Kavango-Oos-vir ‘n weeklange senior bevelskonferensie. Die konferensie is ‘n platform vir Nampol om vordering ter hersien wat gemaak is met sy beplande projekte, programme en aktiwiteite. Die minister van veiligheid, dr. Albert Kawana, het vandag die konferensie geopen en gesê dit uiters teleurstellend dat sommige Nampol-lede hulle wend tot misdaad soos omkopery en korrupsie, asook om misdadigers te help om staatseiendom soos vuurwapens te steel.