Maimane keur nie Ramaphosa se kragplanne goed

Die leier van die One South Africa Movement, Mmusi Maimane, sê President Cyril Ramaphosa het nie die vermoë om die planne in te stel wat gemaak is om die kragkrisis te beredder nie. Hy het gesê Ramaphosa moet voorafbepaalde sperdatums instel. Maimame sê die President moes gekyk het na maniere om voordeel te trek uit gemengde energie vanaf ander lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om die netwerk bestendig te maak.