Kavango-Oos versoek noodtoestand oor droogte

Die streeksramp-bestuurskomitee in die Kavango-Oos-streek doen ‘n beroep op die regering om ‘n noodtoestand af te kondig oor droogte in die streek. Dit is een van die aanbevelings wat die komitee gemaak het in ‘n verslag wat by die kantoor van die eerste minister ingedien is ná die dood van 16 mense weens vermoedelike voedselvergiftiging by die dorpie Kayova. Die streek staar tans ernstige droogte in die gesig weens ‘n gebrek aan reën die afgelope reënseisoen, wat volgens die verslag hongersnood veroorsaak onder die meerderheid van die landelike huishoudings wat van saaiboerdery afhanklik is. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van Kavango-Oos Bonifatius Wakudumo gesels wat deel waar hulle nou is…