Nida-werkers se mediese fonds wéér opgeskort

Werknemers en pensioenarisse van die Namibië Nywerheids-ontwikkelings-agentskap, Nida, is weer gestrand sonder ‘n mediese fonds omdat die staatsonderneming versuim het om mediesefondsbydraes tot Namibia Health Plan oor te betaal. Dit is volgens plaaslike media deur die mediese fonds bevestig. Slegs sowat twee maande gelede is Nida-begunstigdes se voordele ook opgeskort weens agterstallige mediesefondsbydraes. Nida het uiteindelik daarin geslaag om die kontant bymekaar te skraap en die voordele is op 21 April heringestel. Nida se mediesefondsvoordele is nou vir die vyfde keer in net meer as ‘n jaar opgeskort.