Stad Kaapstad verbeter TB-toetsing

Die Stad Kaapstad sê buiten die siftings vir TB-simptome aan alle kliënte, sal toetse nou ook aan hoërisikogroepe gebied word, insluitend hegte en gesins-mense wat in kontak is met bevestigde TB-pasiënte. Dit vorm deel van die nasionale TB-herstelpogings. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die nasionale standaard operasionele prosedures vir sifting en toetsing is gewysig en vanaf hierdie maand ingestel.