Kavango Oos het meer as 300 groente-produsente

Die Namibiese Akkerbouraad hou op die oomblik sy toekennings by die Mashare-besproeiingsprojek in die Kavango Oos-streek. Top-rolspelers in Namibiese akkerbou en tuinbou word vereer. Die goewerneur van die streek, Bonifatius Wakudumo het die hoofrede gelewer en sê sy streek voorsien Namibië van sy groente met meer as 300 produsente wat aktief aanplant.