Kavango-leerder: Wettig aborsie

Vandag is die laaste dag van openbare verhore oor die wettiging en nie-wettiging van aborsie deur die staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake in die streke van Zambezi en Kavango-Oos. Die verhore vind plaas as gevolg van drie petisies met opponerende sienings wat in 2020 by die Nasionale Vergadering ingedien is en na die komitee verwys is vir verdere oorweging. Tydens hul besoek op Divundu in die Kavango-Oos, was ‘n leerder van Max Makushe Senior Sekondêre Skool van mening dat aborsie gewettig moet word weens verskeie redes wat sy genoem het.