Kavango-bekken het olie – dalk

Berigte lui dat die Namibiese regering, in samewerking met die Kanadese firma ReconAfrica aangekondig het dat voorlopige seismiese opnames toon dat daar potensieël ‘n baie groot energiebron is en dat daar voorlopige bewyse is van ‘n werkende konvensionele petroleumstelsel in die Kavango-bekken waar drie gate geboor is. Volgens Dan Jarvie die maatskappy se Chemikus vir Petroleumstelsels toon die data dat daar wel petroleum-bronne is. Tom Alweendo, Namibië se Minister van Myne en Energie het die nuus verwelkom en het dit beskryf as beduidend vir die ontwikkeling van Namibië se olie eksplorasie. Omgewingsbewustes het groot kommer oor die waterbronne in die gebied wat as krities bestempel word vir Angola, Zimbabwe, Botswana, Zambië en Namibië se toerisme sektore sowel as die gemeenskappe in die gebied.