Kauta se pistool: Katjavivi dra geen kennis nie

Die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi het bevestig dat hy geen kennis dra oor die sogenaamde pistool wat aangedui is Patrick Kauta se sak by die Nasionale Raad, maar toe nie in die sak was nie. Kauta het in ‘n skrywe Katjavivi tot vandag gegee om ‘n antwoord te verskaf oor die aangeleentheid. Die Nasionale Vergadering se skakelbeampte David Nahogandja het Katjavivi se standpunt bevestig en het bygevoeg dat die skandeerder reeds vroeër ook verkeerde aanduidings gegee het.