Kauta en die pistool: LPM sê diskriminasie teen hulle is algemeen

Die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi het tot vandag om te reageer op ‘n skrywe van die bekende prokureur Patrick Kauta. Kauta het verlede week sy LPM-kliënte, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb gaan verteenwoordig by die Nasionale Raad en ‘n pistool, wat nie in sy sak was nie, het op die skandeerder gewys. Hy en die LPM meen dat dit ‘n komplot was om die twee partyleiers in hegtenis te neem. Utaara Mootu, ‘n LPM parlementslid sê daar word in elk geval teen hulle gediskrimineer.