Begrafnisse: almal moet maatreëls nakom

Volgens die Covid-19-regulasies soos deur die regering ingestel, moet elke openbare byeenkoms nie ‘n aantal van tien mense by dieselfde geleentheid oorskry nie. Lede van die publiek het sosiale media gebruik om hulle teleurstelling uit te spreek dat wanneer dit ‘n begrafnis vir ‘n gewone burger is, dit ‘n moet is, maar dit is blykbaar nie van toepassing op politieke figure en diegene met status in die samelewing nie. Christine Aochamus, nasionale sekretaris-generaal van die Independent Patriots for Change, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die oppergesag van die reg op alle burgers van toepassing moet wees.