Katte-hotel in Parys is vol bespreek

Daar word gesê dat jy wil weet wat jou kind op sy vakansiekamp doen. So ook sê Franse kat-eienaars in Parys wat hulle kitties by die Arbre a Chats, of te wel, Katte Boom-hotel aflaai.  Daar is 24 “kontemporêre en gemaklike” kamers wat, glo dit of nie, vol bespreek is, veral nou met die opheffing van beperkings en die laaste vakansies wat ingepas word voor die winter. Dienste sluit massering, borsel en ‘n vervoerdiens om gaste op te laai, in. As ‘n waardetoevoeging, stuur die hotelbestuur twee keer per week ‘n foto en ‘n boodskap aan die kat-eienaar oor presies waarmee Kietsie besig is.