Bwabwata Nasionale Park en weiding vir vee in die park in die soeklig

Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike- en regsake is op sy tweede feitesending na die Bwabwata Nasionale Park. Volgens die voorsitter,  Cletius Kaarondo is die besoek daarop gemik om eise te verifieer wat in ‘n petisie deur die Hambukushu Tradisionele Owerheid gemaak is met betrekking tot die 1999 kabinetsbesluit om beeste uit die park te verwyder. Die petisie is reeds in Maart ingedien. Die owerheid wil ook hê die kabinet moet hom daarvan weerhou om die nasionale park sonder behoorlike konsultasie te proklameer. Die tradisionele owerheid beweer dat die konsultasieproses om Bwabwata as ‘n nasionale park te proklameer, lukraak gedoen is en geen van sy voorstelle is in ag geneem nie. Die owerheid sê daar is ‘n manier wat die nasionale park deur beide die regering, die tradisionele owerheid en nabygeleë gemeenskappe benut kan word.