Europa het net-net kernramp vermy – Zelensky

Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky sê die wêreld het ‘n kernramp net-net vermy na elektrisiteitstoevoer na die Zaporizhzhia-aanleg vir ure afgesny was. Kragtoevoer na ‘n kernaanleg is uiters belangrik om die reaktors te verkoel. ‘n Brand het ontstaan en die enigste oorblywende koppeling van drie, beskadig. Die aanleg, wat onder Russiese beheer is maar deur Oekraïnse ingenieurs bedryf word, is die grootste in Europa. Daar is kommer omdat die dieselopwekkers die krag moes voorsien maar, die diesel moes reeds vroeër  vanjaar vervang word, maar kon nie as gevolg van die Russiese inval in die land.