Katolieke kerk en Biden verskil oor aborsie

Amerika se Katolieke biskoppe stuur op ‘n moontlike botsing met president Joe Biden af, na hulle gestem het om ‘n dokument voor te berei waarin hulle hom kan verbied om die heilige nagmaal te gebruik. Die Amerikaanse Konferensie van Katolieke Biskoppe het aanlyn met mekaar verskil of ‘n dokument saamgestel moet word oor politici wat aborsie steun. Die Vatikaan het reeds sy teenkanting teen die biskoppe se stap aangedui. Die voorstel word gesien as ‘n teregwysing vir Amerika se tweede Katolieke president en het bittere verdeeldheid in die geloof in die land blootgelê.