Suid-Afrika ervaar derde vlaag van Covid-19 erg

Nog 118 Suid-Afrikaners het weens die koronavirus in die jongste verslagtydperk van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland gesterf. Tien-duisend-510 nuwe Covid-19 gevalle is gister geïdentifiseer, wat ‘n positiewe koers van meer as 20-persent verteenwoordig. Meer as een-en-half-duisend pasiënte moes tot hospitale toegelaat word. Die meerderheid van die nuwe gevalle is van Gauteng met 66-persent, gevolg deur die Wes-Kaap met agt-persent. KwaZulu-Natal, Noord-Wes, die Vrystaat, die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap het elk minder as drie-persent van die nuwe gevalle.