Katima vat hande met Unam om riooluitdagings aan te spreek

Die Katima Mulilo-dorpsraad het onlangs ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met die Universiteit van Namibië in verband met sy rioolstelsels en –verwerking. Nes talle ander dorpsrade regoor die land, is daar baie min stelsels wat uitgebrei is sedert onafhanklikheid. Die dorpsraad se uitvoerende hoof Rafael Liswaniso het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.