AR se erwe-saak wag, GRN gaan eers hooggeregshof toe

Die saak waar Job Amupanda, die leier van die Affirmative Reposisioning-beweging, die Namibiese regering en President Hage Geingob dagvaar om 200 000 erwe te diens en beskikbaar te stel oor die volgende twee jaar, sal vandag weer voor regter Orben Sibeya uitgestel word. Die saak sloer reeds vir twee jaar. Amupanda het uitstel vanoggend gevra omdat die respondente in die hooggeregshof sal appelleer na ‘n eksepsie deur hulle deur Sibeya van die hand gewys is. Die respondente voer aan dat daar geen ooreenkoms tussen Amupanda en Geingob was wat afgedwing kan word nie. In sy eis sê Amupanda die erwe moet beskikbaar gestel word of alternatiewelik, die regering moet verseker dat ‘n totaal van 200 000 erwe gediens en beskikbaar gestel word vanaf 24 Julie 2015, tot op hede. Amupanda het op 24 Julie 2015 met die regering en Geingob ooreengekom dat 200 000 erwe beskikbaar gestel sou word.