Katar brei konsulêre-diens uit

Katar het aangekondig dat hy sy konsulêre-diens oopgestel het om toeriste by te staan wat die land volgende maand vir die Fifa Wêreldbeker-toernooi besoek. Die diens is ‘n eerste van sy soort en sal sokkergeesdriftiges help om tydens die toernooi die nodige bystand vanaf hul verskeie ambassades te ontvang in ‘n noodgeval. Ondersteuners sal ook na die regte regeringsinstansies verwys word, sou die behoefte ontstaan. Die toernooi vind van 20 November tot 18 Desember plaas.