Karkas van reuse-inkvis spoel by Lüderitz uit

‘n Reuse-karkas van ‘n inkvis het by Grossebucht naby Lüderitz uitgespoel, volgens Lüderitz Mariene Navorsing. Die karkas is 1,94 meter lank en 3,75 meter met sy tentakels aan, maar die twee langste tentakels is afwesig. Hierdie inkvisse kom meestal in die diepsee voor. Seemeeue en ‘n jakkals het reeds aan die karkas geknibbel en dalk sal die bruinhiënas ook later seekos kan proe.