Elf Covid-sterftes in agt distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het elf Covid-sterftes in agt distrikte aangekondig, asook 90 nuwe gevalle uit 1 211 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 7,4 persent verteenwoordig. In die groep is 21 leerders van verskillende skole, asook drie onderwysers en een gesondheidswerker. Daar is nou 2 291 aktiewe gevalle, waarvan 170 in hospitale is en 24 in intensiewesorgeenhede.