Verkope van nuwe voertuie in Suid-Afrika styg

Die verkope van nuwe voertuie in Suid-Afrika het verlede maand met 24,6 persent toegeneem teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Suid-Afrikaners het in Augustus vanjaar 40,5 persent meer nuwe passasiersmotors gekoop, maar uitvoerverkope het met 15,6 persent gedaal. Die Motorhandel-sakeraad sê die mark vir nuwe voertuie het herstel van die ekonomiese ontwrigting weens die onluste in Julie. Die gevolge van die ontwrigting en die kuberaanval op Transnet was egter verlede maand steeds sigbaar in die uitvoer van voertuie.