Karkas van gestroopte seekoei in Okavangorivier ontdek

Die karkas van seekoei wat gestroop is, is sowat agt kilometer stroom-af van Shamvura Camp in die Okavangorivier, ontdek. Daar word vermoed dat die seekoei waarskynlik so twee tot drie dae gelede gestroop is. Die voorval is by beamptes van die Namibiese omgewingsministerie in die Bwabwata Nasionale Park aangemeld, wat dit weer aan hul Angolese eweknieë sal rapporteer. Mark Paxton, eienaar van Shamvura Camp naby Rundu praat met Kosmos 94.1 Nuus.