Dippenaar se advokaat vra dat bedrogklagte oor sy rybewys laat vaar word

Jandré Dippenaar se verhoor op ses klagte van moord, het vandag hervat in die Swakopmund-streekshof. Dippenaar se advokaat, Louis Botes, het die Swakopmundse streeklanddros Gaynor Poulton versoek om die klag van bedrog met betrekking tot ‘n aansoek om ‘n rybewys teen Dippenaar, te laat vaar. Dippenaar staan tereg op ses aanklagte van moord en aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, bedrog en bestuur sonder ’n geldige rybewys in verband met ’n ongeluk op 29 Desember 2014 net buite Hentiesbaai waar ses mense dood is. Dippenaar se verdediging het erken daar was geen bestuurslisensie nie, maar betwis die bewerings dat daar ‘n vals lisensie was wat op bedrieglike wyse verkry is. Die staat is tot môre gegun om op Botes se aansoek te reageer.