DA: Verwydering van Gautengse premier is nie ‘n verrassing

Die DA in Gauteng sê berigte oor die verwydering van David Makhura as premier van die provinsie is nie ‘n verrassing nie, aangesien Makhura die steun van sy eie party verloor het. Dorianne Arendse van die DA sê daar was ‘n goeie kans dat hy uitgestem kon word, weens die party se mosie van wantroue wat onlangs in die provinsiale wetgewer ingedien is.