Karasburg geplunder, eksamenvraestelle gelek

Die Namibiese polisie het twee gevalle van bedrog aangemeld. In die eerste geval, in Karasburg, het ‘n krediteure-klerk by die dorpsraad oor ‘n periode van vyf jaar net meer as 133 500 Namibiese dollar gesteel. Die fondse is verhaal by die 40-jarige vrou se pensioengeld. Sy sal vandag in die hof op die dorp verskyn. In die noorde by die Oneheke Gekombineerde Skool by Etayi in die Omusati-streek het ‘n graad 9-leerder die eksamenvraestel en memorandum van ‘n sekretaresse by ‘n nabye skool ontvang. Die 31-jarige sekretaresse en 17-jarige leerder sal vandag in die Outapi-landdroshof verskyn.