Zambezi nooi beleggers uit

Met voedselsekerheid in gedrang, armoede wat seëvier en ander uitdagings veral in die Zambezi-streek is daar met skok verneem dat die streek, met toegang tot lopende rivier, geen witmielies onder besproeiing het nie. Droëland produksie vaar baie goed op 6 800 metrieke ton maar meer kan geproduseer word. Landboukenners meen daar is geen besproeiing nie omdat die regering nie ‘n groenskema opgerig het nie. Maar waarom wag vir die regering om groenskemas op te rig? Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur Lawrence Sampofu gepraat.