Karasburg-boere het dringend hulp nodig

Die boere in die gebied van Karasburg het ‘n beroep op gemeenskapslede gedoen om te help met die brand wat sedert Dinsdag in die gebied woed. Daar is talle gebiede wat onbegaanbaar is en die jongste inligting toon dat die brand ’n omvang van ongeveer 34 kilometer by 20 kilometer het en ongeveer 46 000 hektaar is reeds verwoes. Hanlie van Ginkel,’n boer in die gebied het Kosmos 94.1 Nuus gepraat.