Cholera in Haïti wek kommer

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy is diep bekommerd oor die uitbreek van cholera in die hoofstad van Haïti. Port au Prince, en omliggende gebiede. Daar was sedert verlede Saterdag 224 gevalle van vermoedelik cholera en 16 sterftes. ʼn Kwart van die vermoedelike gevalle is onder kinders jonger as vyf jaar. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die gebiede wat geraak word is baie onveilig en word deur bendes beheer. Dit maak dit baie moeilik om monsters in te samel en vertraag die bevestiging van gevalle deur laboratoriums.