Karasburg-boer gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor aankomende brand

Een van die boere in die Karasburg gebied, Francois van der Walt, sê hy staan hulpeloos en probeer keer dat die brand sy plaas bereik. Volgens wat berig word is die Karasburg-brand, wat Dinsdag begin het, 32 kilometer lank en 10 kilometer breed en talle van die gebiede wat brand is heeltemal ontoeganklik. Van der Walt sê drie plase is reeds heeltemal verwoes en hy soek nog na ‘n trop bees…