Hawie Engels tree af, hy sê dit was ‘n ongelooflike tyd

Die deurwinterde, bekende in onderwyskringe Hawie Engels, tree volgende jaar op sy 60ste verjaarsdag af as skoolhoof by WHS. Engels was 12 jaar aan die stuur van sake by die skool en is bekend vir sy holistiese benadering tot onderwys. In ‘n verklaring sê die hoërskool Engels se adjunk Dinette de Beer sal vanaf 1 Januarie 2023 die tussentydse hoof wees. Engels sê dit was ‘n ongelooflike tyd.

Hy sê WHS se sukses lê in die bemagtiging van leerders om die wêreld aan te vat.