Daar’s niks sinister aan konsultant se onttrekking by Russe nie

Headspring Investment se kommunikasie konsultant Riaan van Rooyen sê daar is niks sinister aan die beëindiging van die besigheidsverhouding tussen die maatskappy en Environmental Compliance Consultancy nie. Die omgewingskonsultant het vanoggend aangekondig dat hy sy professionele dienste by Headsprings Investment, wat vir uraan wil boor in die Stampriet-bekken, onttrek. Die maatskappy was deur die Russiese filiaal van Uranium One aangestel om omgewingsimpak-studies, uit te voer. Van Rooyen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.