Karas-streekraad het oog op Neckartal-grond

Plaaslike berigte lui dat die Karas-streeksraad aansoek sal doen vir grond rondom die Nekartaldam. Die regering het tot dusver ongeveer 1 800-hektaar van die beplande 5 000 hektaar vir besproeiing, bekom. Volgens die voorsitter van die raad, Joseph Isaacks sê streeksrade moet projekte van stapel stuur wat inkomste kan genereer sodat ontwikkelingsprojekte in die streek befonds kan word. Vroeër vanjaar het ‘n Swapo dinkskrum aanbeveel dat streeksrade groenskemas bekom vir presies die doeleinde. Neckartaldam is so ontwerp om elektrisiteit te genereer wanneer water deur die turbines in die damwal beweeg om die pompstasie te voorsien vir besproeiingsdoeleindes. Dit is Namibië se grootste dam op rondom 880 miljoen kubieke meter en is drie keer groter as Hardapdam.