Karas-streekraad herstel afgedankte Swapo-raadslede

Die LPM-gedomineerde Karas-streeksraad het ‘n besluit om drie Swapo-raadslede af te dank omgekeer, nadat die regerende party die saak in ‘n dringende aansoek in die hof betwis het. Dit volg nadat Swapo-prokureurs aanvanklik aan die raad geskryf en geëis het dat die afdankings teruggetrek word. Die LPM het die dringende aansoek teengestaan, wat ‘n verhoor tot gevolg gehad het. Die partye het toe ooreengekom tot ‘n skikking en die Swapo-raadslede Lazarus Nangolo, Suzan Ndjaleka en Taimi Amakali – van onderskeidelik Oranjemund, !Nami #Nus en Karasburg-Wes kiesafdelings – is in hul posisies herstel. Die aangeleentheid is nou van die dringende hofrol verwyder en sal in die gewone gang van die hof voortgaan.