Heroes Acre tydelik gesluit

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië sê dat die Heroes Acre nasionale erfenisterrein tydelik gesluit is tot verdere kennisgewing. Die uithuur van die restaurant op die perseel, waarvoor daar op 24 Januarie vanjaar geadverteer is, is ook opgeskort tot verdere kennisgewing. Die raad vra om verskoning vir enige ongerief aan die publiek wat hierdie reëlings mag veroorsaak. Pogings om meer besonderhede by die raad te kry, was tot dusver onsusksesvol.