Landbou-werkgewersvereniging doen loonopname

Die Landbou-werkgewersvereniging het sy tweejaarlikse loonopname aangekondig. Die vereniging sê looninligting is van kardinale belang vir ‘n gesonde landboubedryf. Dit bied noodsaaklike bestuursinsigte vir boere asook vir die vereniging se bestuur, wat die landbou op verskeie forums verteenwoordig. Daar sal vanjaar weer ‘n prys wees vir die boerevereniging met die hoogste persentasie deelname deur sy lede. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren van die vereniging gesels, wat sê die opname is om verskeie redes belangrik.